Lex Libertas versoek Ramaphosa om plaasaanvalle te veroordeel en met burgerlike organisasies oor landelike veiligheid in gesprek te tree
‘Dit is nie genoeg om plaasaanvalle tot prioriteitsmisdade te verklaar nie. So 'n verklaring sal op sigself niks meer as 'n administratiewe formaliteit wees nie. Wat saak maak, is of praktiese stappe gedoen word om hierdie aanvalle te voorkom en die oortreders aan die pen te laat ry,’ het Roets gesê.