Support our mission
Dr Ernst Roets, uitvoerende direkteur van Lex Libertas, het gesê wettig verkrygde kriptobates is private eiendom en behoort dieselfde basiese beskerming as ander vorme van eiendom te geniet.
PRETORIA– Lex Libertas het die Stop kriptobeheer-veldtog van stapel gestuur nadat die organisasie ’n gedetailleerde regsmening by die Nasionale Tesourie ingedien het, waarin ernstige konstitusionele bekommernisse oor die Konsepregulasies oor Kapitaalvloeibestuur, 2026, uitgelik word.
Die ideesentrum en voorspraakgroep het verskeie bekommernisse oor die voorgestelde regulasies geïdentifiseer, insluitend:
Dr Ernst Roets, uitvoerende direkteur van Lex Libertas, het gesê wettig verkrygde kriptobates is private eiendom en behoort dieselfde basiese beskerming as ander vorme van eiendom te geniet.
‘Die staat behoort nie die mag te hê om burgers se bates na willekeur te beperk, te beheer of hulle te dwing om dit te verkoop nie. Dit is nie redelike regulering nie. Dit is ’n gevaarlike uitbreiding van staatsmag oor private eiendom en persoonlike finansiële besluite,’ het Roets gesê.
Lex Libertas het formele kommentaar op die voorgestelde regulasies ingedien, ondersteun deur ’n gedetailleerde regsmening, en het die Nasionale Tesourie versoek om die regulasies in hul huidige vorm terug te trek.
Die organisasie het ook ’n openbare petisie begin en doen ’n beroep op almal wat oor eiendomsreg, finansiële vryheid en groeiende staatsbeheer besorg is om hul stemme by te voeg.
Die veldtog vorm deel van Lex Libertas se breër werk om basiese vryhede, eiendomsreg en desentralisering teen die voortgesette uitbreiding van gesentraliseerde staatsbeheer te beskerm.
Lex Libertas is ’n ideesentrum en voorspraakgroep wat werk aan ’n lewensvatbare politieke bedeling in Suid-Afrika, gebaseer op die beginsels van vryheid, desentralisering en selfbestuur.
Verken meer inhoud oor soortgelyke onderwerpe