Slagoffers van plaasaanvalle neem deel aan Witkruisprojek-konferensie en waak in Washington
Die drie deelnemers is Amanda Platt, Heidie Taljaard en Leon Lotz. Elkeen sal ’n ander perspektief op die menslike gevolge van plaasaanvalle bied.
Support our mission
Mediaverklaring oor die afsterwe van Charlie Kirk
Lex Libertas Mediaverklaring 11 September 2025
VIR ONMIDDELLIKE PUBLIKASIE
Lex Libertas betreur die afsterwe van Charlie Kirk
Pretoria — Dit is werklik inspirerend om te sien watter diepgaande impak Charlie Kirk in sy kort lewe gehad het. Om te dat sê hy “een uit ’n miljoen” was sou ’n onderskatting van sy waarde wees—dit sou nie reg laat geskied aan die buitengewone gehalte van die man wat hy was nie.
Charlie was bekend vir sy standvastige geloof in God en in Jesus Christus, sy diepgewortelde liefde vir sy familie, en sy onwrikbare toewyding aan sy mense. Hy het homself gewy aan die behoud nie net van Westerse beskawing nie, maar van die idee van beskawing in beginsel.
Deur sy opoffering het Charlie ’n moderne Hektor van Troje geword—’n man wat die stryd tegemoet gegaan het, ten volle bewus van die gevaar, maar gedryf deur ’n innige liefde vir sy mense en sy familie.
Ons treur oor sy afsterwe.
Maar die gepaste reaksie is nie om terug te tree nie—dit is om op te staan, om die fakkel wat Charlie neergelê het op te tel. Om die moed te hê waarvoor hy so gereeld gepleit het: om dit wat waar, goed en mooi is, te beskerm en oor te dra aan die wat ná ons kom.
“Ek hou nie van die blink swaard oor sy skerpte nie, ook nie van die pyl oor sy snelheid of die kryger oor sy roem nie. Ek is lief dit wat hulle beskerm.” — J.R.R. Tolkien
Lex Libertas is ’n ideesentrum en voorspraakgroep wat werk vir ’n lewensvatbare politieke bedeling vir die bevolkingsgroepe van Suid-Afrika, gebaseer op vryheid, desentralisasie en selfregering.
Verken meer inhoud oor soortgelyke onderwerpe
Die drie deelnemers is Amanda Platt, Heidie Taljaard en Leon Lotz. Elkeen sal ’n ander perspektief op die menslike gevolge van plaasaanvalle bied.
‘Crossed Out is bedoel om internasionale gehore te help verstaan nie net wat in Suid-Afrika gebeur nie, maar waarom dit gebeur en wat daaraan gedoen kan word,’ het dr Ernst Roets, uitvoerende direkteur van Lex Libertas, gesê.
Die media word uitgenooi om die konferensie en nagwaak by te woon. Geleenthede vir onderhoude met projekorganiseerders, sprekers en internasionale vennote sal beskikbaar wees.