Slagoffers van plaasaanvalle neem deel aan Witkruisprojek-konferensie en waak in Washington
Die drie deelnemers is Amanda Platt, Heidie Taljaard en Leon Lotz. Elkeen sal ’n ander perspektief op die menslike gevolge van plaasaanvalle bied.
Support our mission

Ongeag ’n mens se standpunt oor emigrasie, behoort geen persoon deur die staat geteiken te word omdat hy of sy die land wil verlaat nie.
Pretoria — Die berigte oor ’n klopjag deur Suid-Afrikaanse owerhede op burgers wat vlugtelingbeskerming in die Verenigde State soek, is uiters kommerwekkend en moet onomwonde veroordeel word. Ongeag ’n mens se standpunt oor emigrasie, behoort geen persoon deur die staat geïntimideer, geteister of geteiken te word omdat hy of sy die land wil verlaat of beskerming in die buiteland wil soek nie.
Lex Libertas handhaaf dat die langtermynoplossing vir Suid-Afrika se krisisse nie in massa-emigrasie lê nie, maar in die bou van lewensvatbare oplossings binne Suid-Afrika self. Die toenemende begeerte onder burgers uit minderheidsgemeenskappe om die land te verlaat, is ’n simptoom van dieperliggende krisisse. Dit sluit ’n destruktiewe beleidsraamwerk, staatsverval en die vervolging van minderheidsgemeenskappe in. Hierdie krisisse moet by die wortel aangespreek word.
Die enigste volhoubare pad vorentoe is betekenisvolle selfregering en desentralisasie, wat gemeenskappe in staat stel om verantwoordelikheid te neem vir hul eie veiligheid, welvaart en kulturele voortbestaan binne Suid-Afrika, eerder as om vasgevang te wees in ’n mislukte gesentraliseerde stelsel.
Lex Libertas sal vroeg in 2026 ’n reeks omvattende verslae vrystel wat die omvang dokumenteer waarvolgens minderhede in Suid-Afrika vervolg en gemarginaliseer word. Hierdie verslae sal bewysgebaseerde ontleding bied en praktiese alternatiewe tot die huidige politieke koers voorstel.
Lex Libertas is ’n ideesentrum en voorspraakgroep wat werk aan ’n lewensvatbare politieke bedeling in Suid-Afrika, gebaseer op die beginsels van vryheid, desentralisasie en selfregering.
Om Lex Libertas te ondersteun, klik hier.
Verken meer inhoud oor soortgelyke onderwerpe
Die drie deelnemers is Amanda Platt, Heidie Taljaard en Leon Lotz. Elkeen sal ’n ander perspektief op die menslike gevolge van plaasaanvalle bied.
‘Crossed Out is bedoel om internasionale gehore te help verstaan nie net wat in Suid-Afrika gebeur nie, maar waarom dit gebeur en wat daaraan gedoen kan word,’ het dr Ernst Roets, uitvoerende direkteur van Lex Libertas, gesê.
Die media word uitgenooi om die konferensie en nagwaak by te woon. Geleenthede vir onderhoude met projekorganiseerders, sprekers en internasionale vennote sal beskikbaar wees.