Slagoffers van plaasaanvalle neem deel aan Witkruisprojek-konferensie en waak in Washington
Die drie deelnemers is Amanda Platt, Heidie Taljaard en Leon Lotz. Elkeen sal ’n ander perspektief op die menslike gevolge van plaasaanvalle bied.
Support our mission
Die media word uitgenooi om die konferensie en nagwaak by te woon. Geleenthede vir onderhoude met projekorganiseerders, sprekers en internasionale vennote sal beskikbaar wees.
PRETORIA, NEW YORK, WASHINGTON, D.C. - Lex Libertas sal, in vennootskap met die New York Young Republican Club en verskeie Suid-Afrikaanse en internasionale vennote, die Witkruisprojek op 25 en 26 September in Washington, D.C. aanbied. Die projek sal vier onderling verwante temas uitlig wat verband hou met die krisis in Suid-Afrika:
Hierdie temas sal gekombineer word met beleidsaanbevelings en langtermyn- grondwetlike oplossings wat op die beginsels van desentralisasie en selfbestuur gegrond is.
Op Vrydag 25 September sal die Witkruisprojek-konferensie by die National Press Club in Washington, D.C. plaasvind, met Suid-Afrikaanse en Amerikaanse sprekers, onder andere:
Verskeie slagoffers wat plaasaanvalle oorleef het, of wie se geliefdes tydens plaasaanvalle in Suid-Afrika vermoor is, sal ook aan die konferensie en nagwaak deelneem.
Uittreksels uit die komende dokumentêre rolprent Crossed Out: Confronting Persecution in South Africa sal as deel van die konferensieprogram vertoon word.
Op Saterdag 26 September sal ongeveer 3 000 wit kruise op die National Mall in Washington, D.C. opgerig word. Elke kruis sal die naam dra van ’n slagoffer wat tydens ’n plaasaanval in Suid-Afrika vermoor is.
Die media word uitgenooi om die konferensie en nagwaak by te woon. Geleenthede vir onderhoude met projekorganiseerders, sprekers en internasionale vennote sal beskikbaar wees.
Vir meer inligting oor die sprekers, klik hier.
Notas:
Verken meer inhoud oor soortgelyke onderwerpe
Die drie deelnemers is Amanda Platt, Heidie Taljaard en Leon Lotz. Elkeen sal ’n ander perspektief op die menslike gevolge van plaasaanvalle bied.
‘Crossed Out is bedoel om internasionale gehore te help verstaan nie net wat in Suid-Afrika gebeur nie, maar waarom dit gebeur en wat daaraan gedoen kan word,’ het dr Ernst Roets, uitvoerende direkteur van Lex Libertas, gesê.
"Om meer inkomste uit daardie krimpende vertrouensverhouding te probeer kry, sal dit nie herstel nie. "