|

Menu

Mediaverklarings

Lex Libertas kondig nuwe dokumentêre film aan: Crossed Out: Confronting Persecution in South Africa

Dr. Ernst Roets
17/08/2026

Die dokumentêr ondersoek ’n aantal van die kernkwessies waarop die Witkruisprojek berus, waaronder plaasmoorde, politieke aanhitsing, rasgebaseerde wetgewing, bedreigings vir eiendomsreg en die breër politieke krisis in Suid-Afrika.

Lex Libertas het vandag ’n nuwe dokumentêre film, Crossed Out: Confronting Persecution in South Africa, aangekondig wat in September as deel van die Witkruisprojek uitgereik sal word.

Die dokumentêr ondersoek ’n aantal van die kernkwessies waarop die Witkruisprojek berus, waaronder plaasmoorde, politieke aanhitsing, rasgebaseerde wetgewing, bedreigings vir eiendomsreg en die breër politieke krisis in Suid-Afrika.

Die film fokus nie bloot op die simptome van die krisis nie. Dit ondersoek ook die dieper strukturele vrae rondom Suid-Afrika se politieke orde en stel die saak vir volhoubare oplossings gegrond op vryheid, desentralisering en selfbestuur.

Crossed Out vorm deel van Lex Libertas se breër poging deur die Witkruisprojek om die werklikhede waarmee Afrikaners en ander kulturele minderhede gekonfronteer word onder die aandag van ’n internasionale gehoor te bring, terwyl dié aandag op praktiese en volhoubare oplossings gerig word. Die Witkruisprojek sal in September in Washington, D.C. ’n hoogtepunt bereik, waar 3 000 wit kruise op die National Mall ter nagedagtenis aan plaasmoordslagoffers vertoon sal word.

Die dokumentêr sal as deel van die Witkruisprojek gepubliseer word, terwyl Lex Libertas ook vertonings in Washington, D.C. tydens die projek se program in September reël.

‘Crossed Out is daarop gemik om internasionale gehore te help verstaan nie net wat in Suid-Afrika gebeur nie, maar waarom dit gebeur en wat daaromtrent gedoen kan word,’ sê dr. Ernst Roets, uitvoerende direkteur van Lex Libertas.

Die eerste lokprent vir die dokumentêr word vandag uitgereik.

  • Crossed Out: Confronting Persecution in South Africa is ’n dokumentêre film deur Lex Libertas, geregisseer deur Ernst Roets en Pierre Malan, en vervaardig deur Ernst Roets en Marie-Louise de Nysschen.