Slagoffers van plaasaanvalle neem deel aan Witkruisprojek-konferensie en waak in Washington
Die drie deelnemers is Amanda Platt, Heidie Taljaard en Leon Lotz. Elkeen sal ’n ander perspektief op die menslike gevolge van plaasaanvalle bied.
Support our mission
’n Alternatiewe Staatsrede met praktiese stappe wat geneem behoort te word
Die ideesentrum en voorspraakgroep, Lex Libertas het vandag sy eie weergawe van die 2026 Staatsrede, getiteld “Honest SONA 2026: Addressing the Crisis, the Symptoms and the Root Cause”, gepubliseer. Dié toespraak spreek die kwessies aan wat volgens Lex Libertas deur President Cyril Ramaphosa in vanaand se staatsrede hanteer moet word.
Die toespraak, geskryf deur dr. Ernst Roets, uitvoerende direkteur van Lex Libertas, is ’n denkeksperiment waarin die President van Suid-Afrika ’n eerlike beoordeling van die land se toestand sou lewer – sonder politieke versagting, blaamverskuiwing of selfregverdiging.
Die dokument onderskei tussen die sigbare simptome van Suid-Afrika se krisis – onder meer werkloosheid, misdaad, korrupsie, staatsverval, onderwysmislukkings en die fiskale afgrond – en die dieperliggende worteloorsaak, naamlik ’n gesentraliseerde politieke bestel wat toenemend ontkoppel is van die land se diverse gemeenskappe.
Die toespraak stel twee vlakke van ingryping voor:
Volgens Lex Libertas is die doel van die dokument nie om polemiek te skep nie, maar om ’n ernstige en eerlike gesprek oor die volhoubaarheid van Suid-Afrika se huidige politieke bestel aan te wakker.
Die volledige toespraak kan hier gelees word.
Lex Libertas is 'n ideesentrum en voorspraakgroep wat werk aan ’n lewensvatbare politieke bedeling in Suid-Afrika, gebaseer op die beginsels van vryheid, desentralisasie en selfbestuur.
Om Lex Libertas te ondersteun, klik hier.
Verken meer inhoud oor soortgelyke onderwerpe
Die drie deelnemers is Amanda Platt, Heidie Taljaard en Leon Lotz. Elkeen sal ’n ander perspektief op die menslike gevolge van plaasaanvalle bied.
‘Crossed Out is bedoel om internasionale gehore te help verstaan nie net wat in Suid-Afrika gebeur nie, maar waarom dit gebeur en wat daaraan gedoen kan word,’ het dr Ernst Roets, uitvoerende direkteur van Lex Libertas, gesê.
Die media word uitgenooi om die konferensie en nagwaak by te woon. Geleenthede vir onderhoude met projekorganiseerders, sprekers en internasionale vennote sal beskikbaar wees.