|

Menu

Mediaverklarings

Lex Libertas verwelkom die vonnisoplegging van Julius Malema

Lex Libertas
16/04/2026

Lex Libertas se mening oor Malema se vonnisoplegging

Pretoria – Die ideesentrum en voorspraakgroep, Lex Libertas, verwelkom die vonnisoplegging van Julius Malema, die President van die Economic Freedom Fighters (EFF). Die uitspraak herbevestig die beginsel dat geen openbare amptenaar bo die wet is nie en beklemtoon die belangrikheid daarvan om politici aanspreeklik te hou vir hul woorde en dade.

Malema is op die volgende aanklagtes gevonnis:

Aanklag 1: Onwettige besit van vuurwapen - 5 jaar gevangenisstraf

Aanklag 2: Onwettige besit van ammunisie - 2 jaar gevangenisstraf

Aanklag 3: Vuurwapen in die openbaar afvuur - R20 000 boete

Aanklag 4: Versuim om redelike voorsorgmaatreëls vir persoon of eiendom te tref - R20 000 boete

Aanklag 5: Roekelose bedreiging van persoon of eiendom - R20 000 boete

Aanklag 3, 4, 5 het 'n alternatief van 6 maande tronkstraf as hy nie die boetes kan bekostig of betaal nie.

Hierdie vonnisoplegging kom 8 jaar nadat die burgerregteorganisasie AfriForum in Augustus 2018 klagtes teen Malema ingedien het en hy in Oktober 2025 skuldig bevind is. Die feit dat 'n burgerregteorganisasie so belangrike rol in hierdie saak gespeel het, herbevestig Lex Libertas se argument oor desentralisering en selfbestuur juis omdat organisasies soos hierdie tans so groot rol speel om toe te sien dat wet en orde geskied.

“Hierdie uitkoms bevestig weereens dat verkose leiers nie immuun is teen wetlike aanspreeklikheid nie,” het dr. Ernst Roets, uitvoerende direkteur van Lex Libertas, gesê.

Lex Libertas is 'n ideesentrum en voorspraakgroep wat werk aan ’n lewensvatbare politieke bedeling in Suid-Afrika, gebaseer op die beginsels van vryheid, desentralisasie en selfbestuur.

Ondersteun Lex Libertas hier.