Slagoffers van plaasaanvalle neem deel aan Witkruisprojek-konferensie en waak in Washington
Die drie deelnemers is Amanda Platt, Heidie Taljaard en Leon Lotz. Elkeen sal ’n ander perspektief op die menslike gevolge van plaasaanvalle bied.
Support our mission

Pretoria – Die ideesentrum en voorspraakgroep, Lex Libertas het vandag die Future of Nations Conference (FNC) aangekondig, ’n internasionale beleids- en ideekonferensie wat op 25 Februarie 2026 in Pretoria aangebied sal word. Die konferensie sal fokus op die toekoms van politieke orde in ’n veranderende wêreld, met spesifieke klem op selfregering, desentralisasie, en die rol van nasies en gemeenskappe.
Die konferensie sal plaaslike en internasionale beleidmakers, denkleiers, politieke leiers, entrepreneurs en rolspelers uit die burgerlike samelewing byeen bring om beginselvaste en praktiese alternatiewe tot gesentraliseerde regeringsmodelle te bespreek – modelle wat toenemend losgeraak het van sosiale, kulturele en ekonomiese werklikhede. Bevestigde sprekers sluit verteenwoordigers uit Suid-Afrika, Europa en die Verenigde State in.
Lex Libertas is trots om vandag aan te kondig dat Stefano Forte, president van die New York Young Republican Club (NYYRC), ’n hoofspreker by die konferensie sal wees. Hy sal vergesel word deur ’n afvaardiging van die Verenigde State.
Verdere aankondigings oor hoëprofiel-sprekers van binne en buite Suid-Afrika sal in die weke wat voorlê gemaak sal word.
“Die Future of Nations Conference is daarop gemik om internasionale bande te versterk, die lesse wat ons vanuit die verskillende uithoeke van die aarde geleer het met mekaar te deel en saam planne te maak oor hoe ons mekaar kan versterk,” het dr Ernst Roets, uitvoerende direkteur van Lex Libertas, gesê. “In 'n tyd van groeiende politieke onstabiliteit en ontnugtering met onrealistiese visies en teorieë, sal hierdie konferensie realistiese, werkbare benaderings tot politieke orde ondersoek wat nasies, gemeenskappe, verantwoordelikheid en vryheid respekteer.”
Volgens Lex Libertas vorm die konferensie deel van die organisasie se breër fokus om navorsing te versterk, plaaslike en internasionale steun te werf, en ingrypend op te tree om ’n meer lewensvatbare politieke bedeling vir die gemeenskappe van Suid-Afrika te bevorder.
- Bykomende inligting oor die konferensie kan hier gevind word (hierdie bladsy sal opgedateer word namate nuwe sprekers aangekondig word).
- Media-agentskappe kan vir bywoning registreer deur 'n e-pos te stuur na media@lexlibertas.org.za.
Lex Libertas is 'n ideesentrum en voorspraakgroep wat werk aan 'n lewensvatbare politieke bedeling in Suid-Afrika, gebaseer op die beginsels van vryheid, desentralisasie en selfbestuur.
Om Lex Libertas te ondersteun, klik hier.
Verken meer inhoud oor soortgelyke onderwerpe
Die drie deelnemers is Amanda Platt, Heidie Taljaard en Leon Lotz. Elkeen sal ’n ander perspektief op die menslike gevolge van plaasaanvalle bied.
‘Crossed Out is bedoel om internasionale gehore te help verstaan nie net wat in Suid-Afrika gebeur nie, maar waarom dit gebeur en wat daaraan gedoen kan word,’ het dr Ernst Roets, uitvoerende direkteur van Lex Libertas, gesê.
Die media word uitgenooi om die konferensie en nagwaak by te woon. Geleenthede vir onderhoude met projekorganiseerders, sprekers en internasionale vennote sal beskikbaar wees.