Slagoffers van plaasaanvalle neem deel aan Witkruisprojek-konferensie en waak in Washington
Die drie deelnemers is Amanda Platt, Heidie Taljaard en Leon Lotz. Elkeen sal ’n ander perspektief op die menslike gevolge van plaasaanvalle bied.
Support our mission
Vir onmiddelike vrystelling
Pretoria – Die Suid-Afrika-gebaseerde ideesentrum en voorspraakgroep, Lex Libertas, het ’n ope brief aan Suid-Afrika se nuutaangestelde ambassadeur in die Verenigde State, Roelf Meyer, gerig waarin hy versoek word om ’n volledige en eerlike weergawe van Suid-Afrika se politieke en grondwetlike krisis aan die Amerikaanse regering voor te hou.
In die brief spreek Lex Libertas kommer uit oor Meyer se aanstelling, gegewe sy rol in die grondwetlike onderhandelinge van die vroeë 1990’s en sy voortgesette politieke verbintenis met die African National Congress. Lex Libertas voer aan dat Suid-Afrika se ambassadeur in Washington ’n verantwoordelikheid het om nie bloot die amptelike meesterverhaal van die Suid-Afrikaanse regering te verdedig nie, maar om die werklikhede waarmee alle gemeenskappe in die land gekonfronteer word, te verteenwoordig.
Die brief versoek Meyer spesifiek om vier kernkwessies eerlik in sy betrokkenheid by die Amerikaanse regering aan te spreek: plaasaanvalle, aanhitsing tot geweld en haatspraak, die erodering van eiendomsreg en Suid-Afrika se groeiende netwerk van rasgebaseerde wetgewing.
Dr Ernst Roets, uitvoerende direkteur van Lex Libertas, het gesê die doel van die brief is nie bloot om Meyer se aanstelling te kritiseer nie, maar om ’n beroep te doen op eerlikheid in Suid-Afrika se diplomatieke betrokkenheid by die Verenigde State.
‘Suid-Afrika se ambassadeur in die Verenigde State behoort nie as woordvoerder vir die regerende party op te tree nie. Hy het ’n plig om ’n eerlike weergawe van die land se krisis te gee, insluitend die werklikhede waarmee minderheidsgemeenskappe gekonfronteer word en wie se veiligheid, eiendomsreg en toekomsvooruitsigte toenemend onder druk verkeer,’ het Roets gesê.
Volgens Lex Libertas kan Suid-Afrika se krisis nie bloot tot swak uitvoering of afsonderlike beleidsmislukkings beperk word nie. Die organisasie voer aan dat plaasaanvalle, raswetgewing, bedreigings teen eiendomsreg en politieke aanhitsing simptome is van ’n dieper strukturele probleem wat gewortel is in ’n hoogs gesentraliseerde politieke stelsel wat versuim om Suid-Afrika se diverse gemeenskappe te akkommodeer.
Lex Libertas sê die organisasie sal voortgaan om hierdie kwessies met die Amerikaanse regering, lede van die Kongres en ander internasionale vennote te bespreek, insluitend deur die White Cross Project later vanjaar.
Die volle brief kan hier gelees word.
Lex Libertas is ’n Suid-Afrika-gebaseerde ideesentrum en voorspraakgroep wat hom beywer vir die verdediging van grondwetlike regte, eiendomsreg en die veiligheid van alle kulturele minderhede in Suid-Afrika, met ’n besondere fokus op plaasmoorde en anti-wit diskriminasie.
Verken meer inhoud oor soortgelyke onderwerpe
Die drie deelnemers is Amanda Platt, Heidie Taljaard en Leon Lotz. Elkeen sal ’n ander perspektief op die menslike gevolge van plaasaanvalle bied.
‘Crossed Out is bedoel om internasionale gehore te help verstaan nie net wat in Suid-Afrika gebeur nie, maar waarom dit gebeur en wat daaraan gedoen kan word,’ het dr Ernst Roets, uitvoerende direkteur van Lex Libertas, gesê.
Die media word uitgenooi om die konferensie en nagwaak by te woon. Geleenthede vir onderhoude met projekorganiseerders, sprekers en internasionale vennote sal beskikbaar wees.