Lex Libertas-verslag onthul regeringsamptenare wat moord op wit mense aanhits; versoek parlementêre verhoor
Lees die verslag oor aanhitsing van geweld op sosiale media.
Support our mission
Vordering met steunwerwing vir die Witkruisprojek.
PRETORIA — Die ideesentrum en voorspraakgroep Lex Libertas het sopas teruggekeer van 'n produktiewe skakeltoer na Washington, D.C. om steun te werf vir die Witkruisprojek, waardeur die instelling beplan om 3 000 kruise op die National Mall in Washington, D.C. te vertoon om bewustheid oor die krisis in Suid-Afrika te verhoog en dit om te skakel na ondersteuning vir lewensvatbare oplossings. Die Witkruisprojek bestaan uit vier stappe:
- Om 100 000 name in te samel vir ’n petisie vir die Amerikaanse regering om ’n spesiale gesant vir die Afrikaners en ander kulturele minderhede aan te stel, en dat die strewe na selfregering as ’n legitieme strewe erken word;
- Om 3 000 wit kruise op die National Mall te vertoon om bewustheid te skep oor die krisis in Suid-Afrika, veral met betrekking tot plaasaanvalle;
- Om ’n openbare konferensie in Washington, D.C. aan te bied waar slagoffers van plaasaanvalle, grondbesettings en rasse-eksklusiewe beleide hul stories met Amerikaanse gehore sal deel; en
- Om formeel versoeke by die Huis van Verteenwoordigers en die Senaat in te dien om openbare verhore oor die stand van sake in Suid-Afrika aan te bied.
Hierdie veldtog is aangevuur nadat verskeie media-instellings in die VSA en Suid-Afrika op die ontmoeting tussen president Trump en president Ramaphosa gereageer het en aangevoer het dat die krisis in Suid-Afrika oordrewe is en in sommige gevalle selfs aangevoer het dat daar geen plaasmoorde, grondbesettings of rassewette in Suid-Afrika is nie.
‘Ons versoek is nie dat enige ander land Suid-Afrika moet regmaak nie. Ons moet dit self doen. Maar ons kan nie passief sit terwyl mense in invloedryke posisies moeite doen om diegene wat tot ’n oplossing wil bydra, te diskrediteer deur aan te voer dat daar niks is om op te los nie, of dat geldige kommer wat oor Suid-Afrika uitgespreek word, oordrewe is nie,’ het dr. Ernst Roets, uitvoerende direkteur van Lex Libertas, gesê.
‘Wat ons wel van vriende binne Suid-Afrika en in die buiteland vra, is ondersteuning vir ons strewe om outonomie in ons eie land te bevorder, want die reg van gemeenskappe om oor hul eie sake te besluit, is onvervreembaar, ongeag wat die Suid-Afrikaanse regering besluit.’
Lex Libertas het met verskeie belanghebbendes gepraat, insluitend media-instellings, politieke verteenwoordigers, ideesentrum-navorsers, aktivisgroepe en personeellede wat vir die Amerikaanse administrasie werk.
Sodra die datums en plekke vir die waak en konferensie bevestig is, sal dit aangekondig word.
Lex Libertas is 'n dinkskrum en belangegroep wat werk aan 'n lewensvatbare politieke bedeling in Suid-Afrika, gebaseer op die beginsels van vryheid, desentralisasie en selfbestuur.
Verken meer inhoud oor soortgelyke onderwerpe
Lees die verslag oor aanhitsing van geweld op sosiale media.
Lex Libertas se mening oor Malema se vonnisoplegging
Die pad vorentoe is nie die erosie van regte nie, maar die aktivering van selfbestuur deur ’n gedesentraliseerde politieke stelsel.