Oor die Boekklub
Maniere om Deel te Neem
Die bydraers van Lex Libertas kan op drie maniere aan die boekklub deelneem:
Informele Deelname
Informeel, deur op jou eie tyd slegs die boeke op ons lys te lees waarin jy belangstel. Jy sal steeds toegang tot artikels en resensies ontvang en jy sal steeds na byeenkomste genooi word.
Een boek per kwartaal
Dit behels dat jy dit vir jou as doelwit stel om gedurende 2026 vier boeke te lees. Dit is dus een boek per kwartaal. Daar sal besprekings oor elkeen van hierdie boeke gereël word. Die boeke sal in oorleg met die bydraers deur Lex Libertas bepaal word, op grond van die relevansie daarvan.
Twaalfboek-program
Dit behels dat jy dit vir jou as doelwit stel om gedurende 2026 twaalf boeke te lees. Daar sal nie besprekings vir elkeen van hierdie boeke gereël word nie, maar resensies en artikels sal oor elkeen van die boeke beskikbaar gestel word. Die boeke sal in oorleg met die bydraers deur Lex Libertas bepaal word, op grond van die relevansie daarvan.
Sluit aan by die Boekklub
Vul asseblief jou inligting hieronder op die vorm in as jy belangstel om in te skakel by die Lex Libertas Boekklub.