Lex Libertas
Mediaverklaring 3 Desember 2025
VIR ONMIDDELLIKE INTERNASIONALE VRYSTELLING
Lex Libertas gaan ’n reeks verslae vrystel oor die vervolging van minderhede in Suid-Afrika
Pretoria — Lex Libertas sal binnekort 'n reeks verslae uitreik wat die mate waarin minderhede in Suid-Afrika vervolg word, uiteensit. Dit volg ná die openbare verklaring deur die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Marco Rubio, waarin hy sy kommer uitspreek oor die rigting wat Suid-Afrika inslaan.
“Alhoewel daar disproporsionele stemme in Suid-Afrika is wat graag ’n onmiskenbare krisis onder die mat wil invee deur bloot te beweer dat die krisis nie ’n volksmoord is nie, weerspieël die waarskuwings uit Washington wat enige redelike persoon reeds weet,” sê Dr Ernst Roets, uitvoerende direkteur van Lex Libertas. “Minderheidsgemeenskappe word toenemend blootgestel as gevolg van ’n diskriminerende beleidsraamwerk, aanhitsing tot geweld en die teiken van private eiendom, om slegs 'n paar te noem. Hierdie werklikhede kan nie geïgnoreer word nie.”
Die reeks verslae sal bewyse lewer vir beide binnelandse en internasionale gehore wat die erns van Suid-Afrika se krisis ontleed.
Lex Libertas is ’n ideesentrum en voorspraakgroep wat werk vir ’n lewensvatbare politieke orde vir die gemeenskappe van Suid-Afrika, gegrond op die beginsels van vryheid, desentralisering en selfbestuur.
Om Lex Libertas te ondersteun, klik hier.