Slagoffers van plaasaanvalle neem deel aan Witkruisprojek-konferensie en waak in Washington
Die drie deelnemers is Amanda Platt, Heidie Taljaard en Leon Lotz. Elkeen sal ’n ander perspektief op die menslike gevolge van plaasaanvalle bied.
Support our mission
Ope brief aan die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking (DIRCO)
Pretoria – Die ideesentrum en voorspraakgroep, Lex Libertas het ’n ope brief aan die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking (DIRCO) gerig waarin dringende opheldering en optrede geëis word ná ’n sosiale media-plasing deur die Iraanse ambassade in Suid-Afrika waarin beelde van Amerikaanse doodskiste vertoon word.
Die brief volg nadat DIRCO onlangs besluit het om die nuutaangestelde Amerikaanse ambassadeur, Brent Bozell, in te roep nadat hy in die openbaar verklaar het dat die dreunsang “Kill the Boer” haatspraak is. DIRCO het die ambassadeur se opmerkings as ondiplomaties beskryf.
Volgens Lex Libertas wek die plasing deur die Iraanse ambassade ernstige kommer oor of die Suid-Afrikaanse regering diplomatieke standaarde konsekwent toepas. Die feit dat die plasing sedertdien deur die Iraanse ambassade verwyder is is, wat Lex Libertas betref, irrelevant.
“DIRCO het vinnig opgetree toe die Amerikaanse ambassadeur ’n mening uitgespreek het oor ’n dreunsang wat objektief-gesproke op haatspraak neerkom,” het dr Ernst Roets, uitvoerende direkteur van Lex Libertas gesê. “Beelde wat die dood van buitelandse burgers vier, is egter ’n veel ernstiger saak. Die publiek het die reg om te weet of dieselfde standaarde toegepas gaan word.”
In die ope brief doen Lex Libertas ’n beroep op DIRCO om te verduidelik of diplomatieke optrede teen die Iraanse ambassade oorweeg word en om die publiek in te lig oor watter stappe, indien enige, geneem word.
“Die geloofwaardigheid van Suid-Afrika se buitelandse beleid hang daarvan af of sy beginsels konsekwent toegepas word,” het Roets gesê.
Lex Libertas is 'n ideesentrum en voorspraakgroep wat werk aan ’n lewensvatbare politieke bedeling in Suid-Afrika, gebaseer op die beginsels van vryheid, desentralisasie en selfbestuur.
Om Lex Libertas te ondersteun, klik hier.
Verken meer inhoud oor soortgelyke onderwerpe
Die drie deelnemers is Amanda Platt, Heidie Taljaard en Leon Lotz. Elkeen sal ’n ander perspektief op die menslike gevolge van plaasaanvalle bied.
‘Crossed Out is bedoel om internasionale gehore te help verstaan nie net wat in Suid-Afrika gebeur nie, maar waarom dit gebeur en wat daaraan gedoen kan word,’ het dr Ernst Roets, uitvoerende direkteur van Lex Libertas, gesê.
Die media word uitgenooi om die konferensie en nagwaak by te woon. Geleenthede vir onderhoude met projekorganiseerders, sprekers en internasionale vennote sal beskikbaar wees.