Support our mission
Vir onmiddelike vrystelling
PRETORIA – Die berigte besluit van die Verenigde State om finansiering aan Suid-Afrika ingevolge die Amerikaanse President se Noodplan vir Vigshulp (PEPFAR) te beëindig, is net so redelik as wat dit tragies is, aldus Lex Libertas. Volgens die berig volg die besluit op die Suid-Afrikaanse regering se versuim om ’n lys basiese bekommernisse, soos hieronder uiteengesit, aan te spreek.
Lex Libertas vier nie die moontlikheid dat kwesbare pasiënte toegang tot noodsaaklike MIV-verwante behandeling en ondersteuning kan verloor nie. Die tragedie is dat gewone mense nou moontlik die prys vir die regering se vernietigende ideologiese keuses moet betaal.
Dr Ernst Roets, uitvoerende direkteur van Lex Libertas, het gesê die uitkoms was vermybaar.
‘Die regering is herhaaldelik die geleentheid gebied om redelike bekommernisse aan te spreek, maar het eerder ideologiese uittarting gekies. Die Amerikaanse reaksie is daarom redelik, al kan die gevolge daarvan diep tragies wees,’ het Roets gesê.
Hy het bygevoeg dat aanspreeklikheid vir regeringsbeleid nie met vyandigheid teenoor die mense van Suid-Afrika verwar moet word nie. Die geskil handel oor doelbewuste keuses wat deur politieke leiers gemaak is, ondanks herhaalde waarskuwings.
Volgens ’n berig in The Daily Caller het die Verenigde State van die Suid-Afrikaanse regering vereis om:
Hierdie voorwaardes stem nou ooreen met kwessies wat Lex Libertas en ander organisasies herhaaldelik in Suid-Afrika en internasionaal geopper het.
‘Die regering het steeds ’n geleentheid om verdere skade te voorkom,’ het Roets gesê. ‘Dit sal egter vereis dat die regering ideologiese vertoon laat vaar en die wesenlike bekommernisse wat aan hom gestel is, aanspreek. Om die Verenigde State te blameer, sal nie finansiering herstel, diplomatieke betrekkinge herstel of kwesbare pasiënte beskerm nie.’
Lex Libertas doen ’n beroep op die Suid-Afrikaanse regering om die inhoud van die Amerikaanse bekommernisse aan te spreek, eerder as om die Verenigde State vir die gevolge van sy eie beleid te blameer.
Lex Libertas is ’n ideesentrum en voorspraakgroep wat werk aan ’n lewensvatbare politieke bedeling in Suid-Afrika, gebaseer op die beginsels van vryheid, desentralisasie en selfbestuur.
Verken meer inhoud oor soortgelyke onderwerpe