|

Menu

Toesprake

KragDag 2026: Onderhoude in die Kopskuifateljee

12/08/2026

Lex Libertas en KragDag het hande gevat om Kopskuifateljeeprogram tydens KragDag aan te bied. Hier volg al 2026 se opnames, alles op een plek.

KragDag bied jaarliks die Kopskuifateljee aan, 'n professionele podcast-verhoog waar relevante en toekomsgerigte gesprekke gevoer word met denkleiers, entrepreneurs, akademici, gemeenskapsbouers en meningsvormers.

Vanjaar het Lex Libertas en KragDag hande gevat om dié gewilde program tydens KragDag aan te bied. Hier volg al 2026 se opnames, alles op een plek.

KragDag: Lex Libertas: 3 000 wit kruise op pad na Washington — Dr. Ernst Roets

Wat beteken die Witkruisprojek, en waarom gaan Lex Libertas 3 000 wit kruise op die National Mall in Washington, D.C. oprig? Hierdie internasionale veldtog het reeds wêreldwyd aandag getrek en vorm deel van 'n breër poging om die werklikhede van geweld, diskriminasie en staatsverval onder die aandag van internasionale besluitnemers te bring.

Kyk die volledige video hier – https://www.youtube.com/watch?v=F_0FOCd6irs

KragDag: Vryheid, identiteit: Kultuur se rol in selfbeskikking Dr. Ernst Roets, Johan Vorster, Steve Hofmeyr

Kan 'n gemeenskap sy vryheid behou as dit sy taal, kultuur en identiteit verloor? In hierdie paneelgesprek ondersoek dr. Ernst Roets saam met Johan Vorster en Steve Hofmeyr die verhouding tussen kultuur en selfbeskikking. Die gesprek fokus op die manier waarop musiek, kuns, taal en gedeelde waardes gemeenskappe versterk en bydra tot veerkragtigheid.

Kyk die volledige video hier - https://www.youtube.com/watch?v=4Hqg5xFa30M&t=3s

KragDag: Die roeping van Rentmeesterskap: Wie moet ons help? — Daryl Hardy, Dinah Bronkhorst en Anton Smith

Ware rentmeesterskap gaan oor meer as liefdadigheid. Dit vra hoe ons mense kan bemagtig om verantwoordelikheid te neem, selfstandig te word en met waardigheid vir hulself en ander te sorg. Die paneel bespreek die verskil tussen afhanklikheid en bemagtiging en hoe praktiese hulp mense kan toerus om hul potensiaal te verwesenlik.

Kyk die volledige video hier – https://www.youtube.com/watch?v=j1lNO5fspyc&t=13s

KragDag: Nasionale scenario's: Waarvoor moet gemeenskappe voorberei? — Connie Mulder en Pieter Jordaan

Suid-Afrika bevind hom op 'n keerpunt. Politieke verskuiwings, ekonomiese druk, veranderende wetgewing en toenemende gemeenskapsinisiatiewe skep nuwe uitdagings, maar ook nuwe geleenthede. Connie Mulder en Pieter Jordaan bespreek die belangrikste nasionale tendense, moontlike scenario's en die praktiese implikasies daarvan vir die jare wat voorlê.

Kyk die volledige video hier – https://www.youtube.com/live/DmExJ8VnpV8?si=Owp0Mf15QIrbWFDG

KragDag: Bek-en Klouseer: Wat het ons geleer en wat nou?

Francois Wilken (VLU), Francois Rossouw (SAAI), Minister Willie Aucamp en James Kemp Die uitbreking van bek-en-klouseer het produsente, die rooivleisbedryf en die breër ekonomie duur te staan gekom. Regstappe deur die VLU, SAAI en Sakeliga het die debat verder verskerp. Nou, met 'n nuwe minister van Landbou aan die stuur, is dit tyd om terug te kyk én vorentoe te beplan. Wat het die krisis ons geleer en hoe skep ons 'n omgewing waarin boere hul ondernemings met groter sekerheid en minder staatsinmenging kan bestuur?

Kyk die volledige video hier – https://www.youtube.com/live/jB8doS0A3Fs?si=6GVOC5rLc1crp-xn

KragDag: Nuwe momentum vir 'n konserwatiewe herlewing

Izak du Plessis (fasiliteerder), Arno Roodt, Salomé van der Merwe en Dr. Danie Langner Is daar weer plek vir behoudende, waardegedrewe beginsels wat verantwoordelikheid, familie, geloof, kultuur en gemeenskap hoog ag? Izak du Plessis lei 'n gesprek oor die rol wat hierdie waardes in die samelewing van vandag én môre kan speel.

Kyk die volledige video hier – https://www.youtube.com/live/bDOdvXKywQ4?si=gvjxObj0bvCjDjvL

KragDag: Die stryd teen raswette in die sakesektor — Piet le Roux (Sakeliga) en Gerhard Papenfus (NEASA)

NEASA en Sakeliga het dringende hofstukke ingedien om die implementering van nuwe werkgelykheidsregulasies te stuit. Waar staan die hofsaak nou en wat kan besighede in die maande wat voorlê verwag?

Kyk die volledige video hier – https://www.youtube.com/live/EPZHXLhZ3gQ?si=UY85T4r6h_L6tO8W

KragDag: Belastingvoordeel vir sekuriteitsuitgawes — Bennie van Zyl (TLU SA) en Johannes Stoker

TLU SA voer reeds geruime tyd veldtog dat private sekuriteitsuitgawes belastingaftrekbaar gemaak moet word. Bennie van Zyl en Johannes Stoker bespreek die moontlikhede en die pad vorentoe.

Kyk die volledige onderhoud hier - https://www.youtube.com/watch?v=ksN1LvPn1Eg&t=15s

KragDag: Alternatiewe media as antwoord op "Cancel Culture" — Gareth Cliff en James Kemp

Wat gebeur wanneer mense voel sekere standpunte kry nie meer ruimte in die hoofstroommedia nie? Gareth Cliff en James Kemp gesels oor die veranderende medialandskap en die rol van onafhanklike platforms in die openbare gesprek.

Kyk die volledige onderhoud hier - https://www.youtube.com/live/rOMiosmiLCg?si=NLZDL-0RIEIhBHSy

KragDag: Wanneer kom die belastingopstand? — Dawie Roodt en Dr. Ernst Roets

Die mislukking van e-tol het gewys dat volgehoue weerstand openbare beleid kan beïnvloed. Kan dieselfde uiteindelik met belasting gebeur? Dr. Ernst Roets gesels met ekonoom Dawie Roodt oor belasting, ekonomiese druk en die moontlike pad vorentoe.

Kyk die volledige video hier - https://www.youtube.com/live/uMh8aW0KIQw?si=zFykpgnD218CqG9P

KragDag: Hoe kan gemeenskapselfstandigheid binne metros bevorder word? Willie Spies, Jacqui Uys en James Kemp

Swak dienslewering, vervalle infrastruktuur en finansiële druk op die metro raak inwoners en ondernemings daagliks. Hoe behoort die verantwoordelikhede tussen die metro, gemeenskappe en die privaat sektor verdeel te word?

Kyk die volledige onderhoud hier - https://www.youtube.com/live/ki7LIuvi1ak?si=tqbaR3ew-X8y5kdn

KragDag: Welvaartskepping vir jou nageslag — Fergus Ferguson

Entrepreneur, besigheidsafrigter en voorsitter van die Pretoria Sakekamer. Werk saam met sake-eienaars om hul ondernemings meer winsgewend, doeltreffend en skaalbaar te maak met die oog op langtermynwaarde en generasiewelvaart.

Kyk die volledige onderhoud hier - https://www.youtube.com/live/DMt6XQVZo2A?si=xp2iOmNFWwxLqK5t

KragDag: 'n Praktiese veiligheidsplan vir jou gesin — Jacques Broodryk en Albert Smit

Geen veiligheidsplan berus op net een oplossing nie. Doeltreffende beveiliging bestaan uit verskillende lae wat mekaar aanvul: goeie gewoontes, fisiese sekuriteit, tegnologie, privaat sekuriteit, verantwoordelike vuurwapeneienaarskap en betrokkenheid by die gemeenskap. Hoe stel 'n mens 'n praktiese veiligheidsplan saam? Waar begin 'n gesin? En hoe bou aktiewe gemeenskappe veiliger woonbuurte?

Kyk die volledige onderhoud hier - https://www.youtube.com/live/0fbB_Mzj8y8?si=liy4wMunhBo8ReB4

KragDag: Plaaslike bestuur: Hoe kan 'n gemeenskap staatsbestand word? — Francois Bosch en Fergus Ferguson

Vir drie dae funksioneer KragDag soos 'n klein dorp. Rural Maintenance het 'n meet- en moniteringstelsel geïmplementeer wat deurlopend die elektrisiteitsverbruik op die ekspo monitor. Hierdie installasie is 'n praktiese voorbeeld van dieselfde beginsels wat Rural Maintenance ook in plaaslike gemeenskappe toepas. Hoe kan gemeenskappe en die privaat sektor saamwerk om plaaslike infrastruktuur te verbeter en gemeenskappe meer staatsbestand te maak?

Kyk die volledige onderhoud hier - https://www.youtube.com/live/Tk-OFrlLXNQ?si=ZLwTzocl1kx1YOG1

KragDag: Opvoeding: Maak ons regtig ons kinders lewensgereed?

Dr. Albertus Breytenbach, Hugo Vermeulen, Jannes van Tonder en Chris de Beer Berei ons ons kinders werklik voor vir die uitdagings wat op hulle wag? Kweek ons mense wat verantwoordelikheid aanvaar, selfstandig kan dink en probleme oplos?

Kyk die volledige onderhoud hier: - https://www.youtube.com/live/ZOndHKlbCrE?si=YutIUmwcZR4pL960

KragDag: Selfstandigheidshandleiding: 'n Gids vir staatsbestandheid - HP Steyn en Dr. Ernst Roets

Die slotaanbieding van KragDag 2026 bied 'n praktiese gids vir staatsbestandheid — hoe gesinne, gemeenskappe en ondernemings hulself kan toerus om minder afhanklik van die staat te wees.

Kyk die volledige onderhoud hier - https://www.youtube.com/live/efxDL7woUfY?si=BJ7QOJNyRiAeNBnX