Lex Libertas gaan 3 000 wit kruise op die National Mall in Washington, D.C., oprig
Lex Libertas, gaan ’n openbare waak in Washington, D.C., aanbied waar 3 000 wit kruise op die National Mall vertoon
Support our mission

As jy wonder hoekom jy by die boekklub moet aansluit, oorweeg die volgende..
Hoekom lees ons nog klassieke werke?
Lex Libertas is trots om in vanjaar ’n splinternuwe projek van stapel te stuur – die Boekklub. ’n Boekklub is vir sommige iets wat hulle kinderlik opgewonde maak – ’n plek waar mens toestemming, eintlik ’n lisensie het om jou gunstelingboeke te bespreek. Vir ander klink dit soos baie huiswerk. Ons hier by Lex Libertas is egter werklik opgewonde. Hoekom? Die Boekklub is meer as net ’n bymekaarkomplek vir boekliefhebbers. Ons sien die Boekklub as soort smeeplek van denke en dít is presies wat ons keueses vir 2026 se leeslys gevorm het en is nog ’n wyse waarop Lex Libertas ons missie, om 'n lewensvatbare politieke bedeling vir die bevolkingsgroepe van Suid-Afrika te bevorder, uitleef. Hierdie artikel dien as ’n oorsig oor waarom ons nog klassieke werke moet lees en die plek daarvan in ’n moderne samelewing. Daarmee saam verduidelik die artikel hoe die boekklub gaan werk en watter boeke ons in 2026 gaan aanpak.
Klassiek vs Outyds
Klassieke literatuur kan dikwels as “outyds” bestempel word. Hoe kan ʼn verhaal wat honderde jare terug geskryf is en in ʼn hele ander soort samelewing plaasvind enigsins relevant tot ons lewens wees? Dalk gebruik jy hierdie argument as verskoning omdat jy voel hierdie boeke is eenvoudig net bo jou vuurmaakplek. Daar is ʼn element, karaktereienskap, of faktor wat klassieke literatuur van ʼn “mooi storie” of “goedkoop fiksie” skei. Wat is daardie iets van Homeros se Odduseia wat die menslike kondisie só vasvang dat ons die verhaal telkemale oorvertel? Hoekom het George Orwell se 1984 met die “Big Brother”-idee so in ons psige wortel geskiet? Hoekom bly Shakespeare se tragiese liefdesverhale na al hierdie eeue relevant om weer en weer (en weer) vir die silverskerm aangepas te word? Die een groot faktor wat van ʼn boek ʼn klassieke werk sal maak, is tyd. Gaan hierdie boek die toets van die tyd slaag, of nie?
Wat is die toets van die tyd?
Ek is byvoorbeeld lief vir Jane Austen se Pride and Prejudice. Dié boek, gepubliseer in 1813 is ʼn uitstekende voorbeeld van ʼn literêre werk wat die toets van die tyd geslaag het. Die verhaal is vandag steeds relevant en is al verskeie kere vir die silverskerm aangepas. Die boek het iets beteken vir iemand wat die hom in 1813 opgetel het, maar ook vir iemand wat Pride and Prejudice in 1913, gelees het; en sal ook vir iemand wat die boek in 2026 of selfs in 2088 optel, betekenisvol wees. Klassieke literatuur bied perspektief en insig. Dis die krag van klassieke literatuur. Dit bied vir jou ʼn kykie in die lewe van die karakters van daardie tydstip en gee vir jou die geleentheid om jouself in daardie karakters raak te sien. Liefde. Pyn. Verlies. Vreugde. Desperaatheid. Opoffering. Oorwinning. Dis ʼn spieëlbeeld van onsself.
Hoekom is klassieke literatuur vandag nog relevant?
Dit is in hierdie spieëlbeeld van onsself wat daar skielik ʼn deur oopgaan. Skielik is jy nie ʼn eiland van seer en jou eie probleme waarom die wêreld draai nie en kan jy uiteindelik jou eie nietigheid begryp. Dis ʼn nuwe wêreld wat vir jou oopgaan! Dít is
die fondasie waarop ons gaan begin bou, gewapen met Homeros, met George Orwell, C.S. Lewis, N.P. van Wyk Louw en ander skrywers wat vir ons ʼn soort waarheid probeer vertel, weggesteek tussen die blaaie van 'n verhaal. ʼn Waarheid van onsself en ons plek in die wêreld. Hierdie Boekklub noem ek dus ʼn reis. Dit is ʼn reis om jouself met kennis te bemagtig, maar dit is ook ʼn reis van selfontdekking. Is jy gereed om dit saam met my aan te pak?
Hoe die Lex Libertas Boekklub werk
Jy kan self besluit tot watter mate jy jouself aan die Boekklub wil verbind. Ons lees vanjaar in totaal twaalf boeke, wat ons die Twaalfboeke-program noem. Vier van hierdie boeke vorm ons kernboeke wat ons groter temas vir bespreking in 2026 vorm. Een kernboek word per kwartaal behandel, waar die lede van die Boekklub dan ook bymekaar sal kom vir die besprekinge – ’n inleidende gesprek tot die boek, asook ’n samevatting. Daar is ook ondersteundende werke wat saam met die kernboeke bespreek sal word en is tematies in dieselfde kwartale ingedeel. Hier is die leeslys en kwartaallikse verdeling
Kwartaal 1: Januarie – Maart Ons begin met 'n diep kyk na sosiale manipulasie en die menslike psige.
Kwartaal 2: April – Junie In die tweede kwartaal fokus ons op die fondasies van die Westerse letterkunde en ʼn spesiale blik op die geskiedenis van die VSA, aangesien vanjaar die 250ste jaar sedert die Onafhanklikheidsverklaring is.
Kwartaal 3: Julie – September Hier delf ons in die strukture wat ons vryheid beskerm (of bedreig).
Kwartaal 4: Oktober – Desember Ons sluit die jaar af met 'n fokus op ekonomiese realiteite en leierskap.
Wie kan aan die Boekklub deelneem?
Enige bydraer van Lex Libertas is welkom om aan die Boekklub deel te neem. Iemand wat maandeliks ondersteun word as ’n bydrae gesien, asook of iemand wat ’n eenmalige bydrae tot Lex Libertas gemaak het, word vir ’n jaar lank as ’n bydrae geag. Jy kan enige tyd deel vorm van die Boekklub deur ’n e-pos aan boekklub@lexlibertas.co.za te stuur.
Op jou merke, gereed, lees! Ek sien jou op die laaste bladsy. - Marné Pienaar, koördineerder van die Lex Libertas Boekklub
Om Lex Libertas te ondersteun, klik hier.
Verken meer inhoud oor soortgelyke onderwerpe
Lex Libertas, gaan ’n openbare waak in Washington, D.C., aanbied waar 3 000 wit kruise op die National Mall vertoon
Lex Libertas & New York Young Republican Club (NYYRC) gesamentlike mediaverklaring
Gesamentlike Mediaverklaring - Lex Libertas & New York Young Republican Club (NYYRC)