Lex Libertas Launch: New Institution for Viable Political Dispensation
Media statement announcing the launch of Lex Libertas, a new think tank and pressure group focused on promoting greater self-governance for South African communities.
Media statement announcing Lex Libertas' international awareness campaign to amplify personal stories from South Africa and share them with the world.
Lex Libertas \
Mediaverklaring \
27 Mei 2025
Lex Libertas stuur “Waarheid Moet Uit”-veldtog van stapel om stemme uit Suid-Afrika met die wêreld te deel
PRETORIA, SUID-AFRIKA — Die ideesentrum-drukgroep, Lex Libertas het vandag ’n internasionale bewusmakingsveldtog, waarheid moet uit, aangekondig met die doel om die stemme te versterk van mense in Suid-Afrika wat eerstehands die land se groeiende politieke en sosiale krisis beleef het.
Die veldtog volg op onlangse internasionale aandag, waaronder ’n video wat deur die VSA se president, Donald Trump, tydens ’n byeenkoms in die Withuis met president Cyril Ramaphosa van Suid-Afrika gewys is. Die video het die vervolging van minderheidsgemeenskappe in Suid-Afrika uitgelig. Ná die byeenkoms het verskeie kritici die video afgemaak as misinformasie of selfs as ’n sogenaamde “deepfake”. In reaksie hierop tree Lex Libertas nou op.
Dr Ernst Roets, uitvoerende direkteur van Lex Libertas, het verduidelik dat die gesprek oor die situasie in Suid-Afrika té gefokus geraak het op statistiek en die vertolking daarvan, en dat persoonlike verhale in die proses verlore gaan. “Die debat oor statistiek is belangrik, maar dit is net een deel van die groter prentjie,” sê Roets. “Daar is ’n oorvloed persoonlike stories waaraan die wêreld aandag behoort te gee, en Lex Libertas gaan ’n proses fasiliteer om daardie stories te deel.”
“Hierdie veldtog gaan mense in Suid-Afrika — en dié wat al tyd hier spandeer het — ’n platform gee om vir hulself te praat,” het hy bygevoeg.
Lex Libertas sal persoonlike stories en getuienisse versamel en dit aanbied aan rolspelers in Suid-Afrika, die Verenigde State, en by internasionale forums. Hierdie stories sal ook gebruik word in internasionale uitreikaksies, onder meer deur internasionale podsenders en dokumentêre filmmakers na Suid-Afrika te nooi om self met plaaslike mense te gesels.
Die veldtog nooi spesifiek bydraes oor die volgende onderwerpe:
“Elkeen in Suid-Afrika het ’n storie — van hoop, hartseer, stryd of oorlewing,” sê Roets. “Wanneer die waarheid vertel word, word verandering moontlik.”
Enigiemand wat persoonlike insigte het oor bogenoemde onderwerpe, is welkom om hul stories in te stuur.
Stories (500 woorde of minder) kan via die Lex Libertas-webwerf ingedien word.
Media Navrae: \
Dr Ernst Roets \
Uitvoerende Direkteur \
Lex Libertas \
E-pos: ernst.roets@lexlibertas.org.za \
Webwerf: www.lexlibertas.org.za
Explore more content on similar topics
Media statement announcing the launch of Lex Libertas, a new think tank and pressure group focused on promoting greater self-governance for South African communities.
Speech by Ernst Roets at the launch of Lex Libertas, discussing the nature of freedom and the organization's mission.
Feedback from the Pioneer Initiative's Liaison Tour to the USA - March 2025